nog voor die son die strand kom kus
die oggendgrou nog omvou in mis
net ek die visjagter, en 'n meeu
ontsnap, ontspan, ons harte skreeu
my hele wêreld is in my trommel
ek soek terwyl branders om my skommel
na die beste plek om my hoop uit te gooi
ek weet hoe om te dink soos my prooi
my lyn sweef hoog voor dit duik
diep binne in die water se buik
ek word een met die siel van die see
myne nou vas geanker en gedwee
my dobbertjie dans op die ritme van die gety
ek weet, al vang ek niks, ek het gekry
die meeu fluit sag, ons vertrou op my stok
my hoek, my sinker, my aas wat lok
golwe vee my spore weg, my in en uit
my ooreenkoms met die natuur gesluit
my katrol skree, my lyn span styf
ek kap die byt-dit sidder deur my lyf
asem in, kalm wees - die stryd het begin
my vangs spartel van baie tot eindelik min
ek speel die vis moeg tot by my voet
in haar swart oog sien ek haar moed
sy ken my al, ons het al ontmoet
sy't weer gekies om my hier te groet
vang en loslaat is my belofte en eer
haar silwer lyf gly weg en sy weet ek kom weer
L. Spies
8 Mei 2020
THE FISHERMAN
before the sun kisses the dawn beach
when the morning gray is still wrapped in mist
it's just me the fish-hunter, and a gull
escape, relax, our hearts undulate
my whole world resides in my tackle box
as I search the waves that enfold me
for the best place to cast my hope
I know the mind of my prey
my line flies high before it dives
deep into the belly of the sea
I become one with the soul of the ocean
mine, at ease and firmly anchored
my floater dances on the rhythm of the tide
even if I catch naught, I have received
the gull whistles soft, we trust in my rod
my hook, my sinker and the allure of my bait
waves erase my footprints, my ins and outs
my agreement with nature, steady
my reel screams, my line is taught
I yank the bite, my body quivers
breathe in, stay calm, the fight has begun
my catch battle wildly, until it's meek
I play the fish to my feet, it surrenders
but in her black eye I see her courage
she knows me, we've met before
she chose again to meet me here
catch and release is my pride and promise
her silver slips away but she knows, I'll be back
Comentarios